’n Geldige SA ID en laaste drie salarisstrokies of laaste drie bankstate.
Jy kan aanlyn, per SMS of by enige PEP- of Ackermans-winkel in die land aansoek doen vir ’n Capfin-lening.
Kies die Doen nou aansoek-knoppie en volg die eenvoudige instruksies.
Ja. Jy moet ’n profiel skep wat slegs met jou SA ID-nommer en ’n unieke, eenmalige PIN (OTP) oopgemaak kan word. Laasgenoemde word direk na die selfoonnommer waarmee jy geregistreer het, gestuur.
Al wat jy hoef te doen is om met jou SA ID-nommer by jou profiel aan te meld. Ons sal dan ’n eenmalige PIN (OTP) direk na die selfoonnommer waarmee jy geregistreer het, stuur. Volg dan net die instruksies.
Jy kan weer na 30 kalenderdae vir ’n Capfin-lening aansoek doen.
’n Leningsbedrag sal vir jou voorberei word. Dit sal vir jou ’n aanduiding gee van die bedrag waarvoor jy kan kwalifiseer, onderhewig aan die voltooiing van ons bekostigbaarheidsassessering. Die leningsbedrag kan verander onderhewig aan addisionele kredietkontroles wat gedoen word sodra jou aansoek voltooi en by ons ingedien is.
Ons bied lenings van tot R50 000, op grond van die uitkoms van jou bekostigbaarheidsassessering, wat faktore soos jou inkomste, uitgawes, kredietprofiel en betaalgedrag in ag neem.
Jou lening sal binne 48 sake-ure ná goedkeuring in die bankrekening wat jy aangewys het, inbetaal word.
Vir jou sekuriteit is PIN-nommers heeltemal privaat. Kliek asseblief op die “Stuur weer OTP”-skakel om jou unieke, eenmalige PIN (OTP) binne 15 minute te ontvang. Dit sal direk na die selfoonnommer waarmee jy geregistreer het, gestuur word.
Kontak asseblief een van ons konsultante by 087 354 0000 om jou besonderhede by te werk.
’n Eenmalige PIN (OTP) kan slegs gestuur word na die selfoonnommer wat jy voorsien het toe jy geregistreer het. Versoek ’n nuwe eenmalige PIN (OTP) en volg ons eenvoudige instruksies.
Jou kredietrekord sal negatief geraak word indien jy nie betaal nie.
Ja, kontak asseblief Capfin se skuldinvorderingsdepartement by 087 285 1234 om ’n ander reëling te tref.
Ja, jou leningstermyn kan korter word indien jy addisionele betalings doen. Dit hang af van die bedrae wat jy betaal en die leningstermyn.
Jy kan Capfin se kontaksentrum by 087 354 0000 skakel, of ons USSD-fasiliteit *134*6454# gebruik om jou skikkingskwotasie te kry. Jy kan dan, voor die vervaldatum, via die volgende opsies betaal:
Die skikkingskwotasie wat deur Capfin aan jou voorsien is, is geldig vir sewe werkdae vanaf die datum van aanvraag, en die skikkingsbalans moet ten volle betaal word voordat hierdie tydperk verstryk.
Jou skikkingskwotasie sluit die onbetaalde balans van jou lening, asook al die onbetaalde rente en fooie in wat oploop tot en met die skikkingsdatum, en wat moontlik nog nie by jou rekening gevoeg is nie.
Capfin se gratis sterftevoordeel is ’n interne voordeel vir Capfin-klante. Ingevolge hierdie voordeel word ’n klant se uitstaande balans afgeskryf wanneer hy/sy te sterwe kom. Die voordeel is nie oordraagbaar nie.
Die GRATIS Sterftevoordeel beteken bloot dat Capfin jou oorblywende leningsbalans sal afskryf wanneer jy te sterwe kom.
Nee, jy hoef nie te betaal nie aangesien dit ’n GRATIS voordeel vir al Capfin se klante is.
Ja, jy is benoembaar. Dit maak nie saak of jy ’n nuwe of ’n huidige Capfin-klant is nie.
Die persoon wat die voordeel namens die oorlede klant eis, sal die volgende dokumente via e-pos moet stuur na info@capfin.co.za of legal@capfin.co.za:
Capfin sal die huidige uitstaande rekeningbalans afskryf.
Jy kan jou leningsdokumente op versoek in Engels, Sesotho, isiZulu en isiXhosa ontvang. Bepalings en voorwaardes is ook in hierdie tale op ons webtuiste beskikbaar.
Deur ons kontaksentrum by 0873540000 te skakel, of deur jou versoek na ons regsdepartement te stuur by legal@capfin.co.za:
Vir die tydperk tussen 15 September 2017 en 6 Junie 2018, kwalifiseer Capfin-klante wat vir ’n lening aansoek gedoen het, vir GRATIS begrafnisdekking ter waarde van R5 000 vir natuurlike dood en R10 000 vir dood as gevolg van ’n ongeluk. Die begrafnisdekking dek jou as Capfin-rekeninghouer, mits jou leningsrekening aktief bly en nie agterstallig is nie, en onderhewig aan die begrafnisdekking se bepalings en voorwaardes.
Capfin se GRATIS begrafnisdekking, onderskryf deur Abacus Life Limited, was ’n reklameproduk en hierdie reklame het nou geëindig met ingang 6 Junie 2018.
Jou begrafnisvoordeel bly van krag totdat jou lening geskik is, indien jy vir ’n bykomende lening (“top-up loan”) aansoek doen of wanneer ’n begrafnisdekkingeis by Abacus Life Limited ingedien word.
Vir lenings wat gedurende die reklametydperk tussen 15 September 2017 en 6 Junie 2018 toegestaan is, moet jou benoemde begunstigde die volgende proses volg:
Eise moet by Abacus Life ingedien word deur hul belsentrum by 0800 777 444 te skakel, binne ses maande nadat die Capfin-rekeninghouer te sterwe gekom het.
Die volgende dokumente moet saam met jou eis ingedien word:
Die benoemde begunstigde sal die uitbetaling van die begrafnisdekking ontvang wanneer die Capfin-rekeninghouer te sterwe kom, onderhewig aan goedkeuring van die eis.
Die Capfin-klant sal ’n persoon (familielid/vriend) nomineer om die begunstigde van sy/haar begrafnisdekking te wees. Dié persoon ontvang die uitbetaling van die begrafnisdekking in die geval van die Capfin-klant se dood wanneer al die vereiste dokumentasie betyds by Abacus Life Limited ingedien word, en mits die Capfin-leningsrekening aktief en nie agterstallig was ten tyde van die klant se dood nie.
’n Klant se benoemde begunstigde het ses maande vanaf die datum van die Capfin-rekeninghouer se dood. Na ses maande sal die begrafnisdekking nie meer beskikbaar wees nie.
Nee, jy kan die begunstigde se besonderhede enige tyd verander onderhewig aan die begrafnisdekking se bepalings en voorwaardes.
Nee, as Capfin-klant is jy verantwoordelik vir die verandering van jou begunstigde se besonderhede. Jy sal Abacus Life Limited by 0800 777 444 moet skakel om die nodige reëlings te tref.
Nee, selfdood word nie gedek nie.
Kontak Abacus Life Limited by 0800 777 444 of per faks by 011 211 1090
Nee, maar jy kan Abacus Life Limited kontak by 0800 777 444 en ’n afsonderlike begrafnisdekkingvoordeel uitneem wat nie aan jou Capfin-leningsrekening gekoppel is nie.