Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (“die Wet”) is ingevoer “om die maatskaplike en ekonomiese welsyn van Suid Afrikaners te bevorder en te verbeter, ’n billike, deursigtige, mededingende, volhoubare, verantwoordelike, doeltreffende, doelmatige en toeganklike kredietmark en kredietbedryf te bevorder, en om verbruikers te beskerm”.
LEEN VAN GELD
CAPFIN is ’n geregistreerde kredietverskaffer wat daarna streef om die Wet na te kom en verantwoordelike uitlening met al hulle bestaande en potensiële kliënte te beoefen. Om dus al ons kliënte die leningsterme en -voorwaardes ten volle te laat verstaan voordat hulle enige finansiële verbintenis aangaan. ’n Nuttige idee is om ’n gedetailleerde begroting saam te stel om jou vertroud te maak met al jou maandelikse uitgawes, jou finansies beter te bestuur en om jou krediteurs ten volle en betyds te betaal. Elkeen van ons kliënte is verantwoordelik vir die volledige betaling van hulle lenings, die bykomende heffings sowel as die fooie en rente. Daarom beveel ons al ons kliënte aan om asseblief seker te maak hulle kan die maandelikse heffings bekostig wat ingevolge die Capfin-leningsooreenkoms met ons lenings gepaardgaan.
SKULDPROBLEME
Indien jy jou ooit in die posisie bevind dat jy nie in staat is om jou maandelikse finansiële verbintenis na te kom nie, stel ons voor jy kry onmiddellik hulp. Hieronder is ’n paar beskikbare opsies indien jy jou ooit in ’n finansiële verknorsing bevind:
WAT IS ’N KREDIETWAARDIGHEIDSVERSLAG?
’n Kredietwaardigheidsverslag is ’n verslag wat deur ’n kredietburo saamgestel is. Daarin word al jou skuld, finansiële verpligtinge, hofbevele wat teen jou toegestaan is en alle inligting wat verband hou met jou uitstaande betalings wat deur ander kredietverskaffers by die kredietburo’s ingedien is, uiteengesit. Jy het die reg om een keer ’n jaar ’n gratis afskrif van jou kredietwaardigheidsverslag by ’n geregistreerde kredietburo aan te vra om seker te maak al die inligting in die verslag is akkuraat. Indien jy nie met die inligting saamstem wat in jou kredietwaardigheidsverslag verskyn nie, moet jy dit direk opneem met die kredietburo wat jou van die inligting voorsien het.
KLAGTEPROSEDURES
Indien jy jou in ’n situasie bevind dat jy ’n klagte teen enige Capfin-diens wil indien, moet jy ons kliëntediensafdeling kontak by 087 354 0000.
Capfin se kliëntediensafdeling is daartoe verbind om jou klagtes geheel en al op te los, en jou so spoedig moontlik met jou leningsverwante navrae by te staan. Indien jou klagte steeds nie bevredigend opgelos is nie, kan jy die Kredietombudsman of die Nasionale Kredietreguleerder kontak en hulle klagteprosedure volg.
Organisasie: | T: | E-pos: | Webwerf: |
---|---|---|---|
Kredietombudsman | 0861 662 837 | ombud@creditombud.org.za | www.creditombud.org.za |
Nasionale Kredietreguleerder | 0860 627 627 / 011 554 2600 | complaints@ncr.org.za | www.ncr.org.za |
KAN EK MY LENINGSDOKUMENTE NET IN ENGELS ONTVANG?
Nee, jy kan nou versoek om jou leningsdokumente in Afrikaans, Sesotho, isiZulu en isiXhosa te ontvang. Bepalings en voorwaardes in hierdie tale is ook beskikbaar op ons webwerf www.capfin.co.za
HOE VERSOEK EK MY LENINGSDOKUMENTE IN AFRIKAANS, SESOTHO, ISIZULU OF ISIXHOSA?
Deur 087 354 0000 te bel, of ’n e-pos te stuur aan legal@capfin.co.za