Consumer tips in Afrikaans

Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (“die Wet”) is ingevoer “om die maatskaplike en ekonomiese welsyn van Suid Afrikaners te bevorder en te verbeter, ’n billike, deursigtige, mededingende, volhoubare, verantwoordelike, doeltreffende, doelmatige en toeganklike kredietmark en kredietbedryf te bevorder, en om verbruikers te beskerm”.

LEEN VAN GELD

CAPFIN is ’n geregistreerde kredietverskaffer wat daarna streef om die Wet na te kom en verantwoordelike uitlening met al hulle bestaande en potensiële kliënte te beoefen. Om dus al ons kliënte die leningsterme en -voorwaardes ten volle te laat verstaan voordat hulle enige finansiële verbintenis aangaan. ’n Nuttige idee is om ’n gedetailleerde begroting saam te stel om jou vertroud te maak met al jou maandelikse uitgawes, jou finansies beter te bestuur en om jou krediteurs ten volle en betyds te betaal. Elkeen van ons kliënte is verantwoordelik vir die volledige betaling van hulle lenings, die bykomende heffings sowel as die fooie en rente. Daarom beveel ons al ons kliënte aan om asseblief seker te maak hulle kan die maandelikse heffings bekostig wat ingevolge die Capfin-leningsooreenkoms met ons lenings gepaardgaan.

SKULDPROBLEME

Indien jy jou ooit in die posisie bevind dat jy nie in staat is om jou maandelikse finansiële verbintenis na te kom nie, stel ons voor jy kry onmiddellik hulp. Hieronder is ’n paar beskikbare opsies indien jy jou ooit in ’n finansiële verknorsing bevind:

  1. Kontak Capfin direk deur die woord “BYSTAND” via SMS na 43679 te stuur en ons sal jou terugbel om ’n alternatiewe betalingsooreenkoms met jou aan te gaan of, indien moontlik, jou huidige maandelikse Capfin-verpligtinge te herskeduleer; of
  2. Kontak ’n geregistreerde skuldberader om jou by te staan met die potensiële herskedulering van al jou maandelikse skuldverpligtinge en om jou te help om reëlings met jou krediteurs te tref wat gepasmaak is volgens jou bestaande finansiële middele. Die Wet maak voorsiening vir die skuldhersieningsproses en ’n geregistreerde skuldberader sal die prosedure in detail met jou bespreek. Jy kan die Nasionale Kredietreguleerder kontak by 0860 627 627 of hulle webwerf besoek by www.ncr.org.za om die naaste skuldberader aan jou op te spoor; of
  3. Doen aansoek vir ’n administrasiebevel, ingevolge waarvan jou boedel deur middel van ’n hofbevel onder administrasie geplaas word. Deur dit te doen, sal jy sonder die toestemming van die hof nie enige verdere skuld kan oploop of krediet kan verkry nie, wat jou in staat sal stel om jou krediteurs terug te betaal. Om meer hieroor uit te vind, kontak jou naaste provinsiale prokureursorde of die Prokureursorde van Suid-Afrika by 012 366 8800 or lssa@lssa.org.za; of
  4. Dien jou boedel in vir sekwestrasie, wat baie dieselfde is as ’n maatskappy wat gelikwideer word, maar in hierdie geval vir ’n individu. ’n Trustee sal basies aangestel word om jou boedel te beredder om sake met jou krediteure te finaliseer, en sodoende voorkom dat jy verder skuld oploop en verhoed dat jy met verdere regsaksie teen jou lastig geval word. Die gevolge is egter verreikend en moet in detail met ’n regsverteenwoordiger bespreek word voordat so ’n opsie oorweeg word.

WAT IS ’N KREDIETWAARDIGHEIDSVERSLAG?

’n Kredietwaardigheidsverslag is ’n verslag wat deur ’n kredietburo saamgestel is. Daarin word al jou skuld, finansiële verpligtinge, hofbevele wat teen jou toegestaan is en alle inligting wat verband hou met jou uitstaande betalings wat deur ander kredietverskaffers by die kredietburo’s ingedien is, uiteengesit. Jy het die reg om een keer ’n jaar ’n gratis afskrif van jou kredietwaardigheidsverslag by ’n geregistreerde kredietburo aan te vra om seker te maak al die inligting in die verslag is akkuraat. Indien jy nie met die inligting saamstem wat in jou kredietwaardigheidsverslag verskyn nie, moet jy dit direk opneem met die kredietburo wat jou van die inligting voorsien het.


KLAGTEPROSEDURES

Indien jy jou in ’n situasie bevind dat jy ’n klagte teen enige Capfin-diens wil indien, moet jy ons kliëntediensafdeling kontak by 087 354 0000.

Capfin se kliëntediensafdeling is daartoe verbind om jou klagtes geheel en al op te los, en jou so spoedig moontlik met jou leningsverwante navrae by te staan. Indien jou klagte steeds nie bevredigend opgelos is nie, kan jy die Kredietombudsman of die Nasionale Kredietreguleerder kontak en hulle klagteprosedure volg.

Organisasie: T: E-pos: Webwerf:
Kredietombudsman 0861 662 837 ombud@creditombud.org.za www.creditombud.org.za
Nasionale Kredietreguleerder 0860 627 627 / 011 554 2600 complaints@ncr.org.za www.ncr.org.za


KAN EK MY LENINGSDOKUMENTE NET IN ENGELS ONTVANG?

Nee, jy kan nou versoek om jou leningsdokumente in Afrikaans, Sesotho, isiZulu en isiXhosa te ontvang. Bepalings en voorwaardes in hierdie tale is ook beskikbaar op ons webwerf www.capfin.co.za

HOE VERSOEK EK MY LENINGSDOKUMENTE IN AFRIKAANS, SESOTHO, ISIZULU OF ISIXHOSA?

Deur 087 354 0000 te bel, of ’n e-pos te stuur aan legal@capfin.co.za